Beurtkrag kniehalter telekommunikasie

Die Vereniging van Kommunikasie en Tegnologie in die buurland sê beurtkrag het die telekommunikasiesektor erg geraak. Dit volg terwyl kliënte kla oor seine wat swak is of netwerke wat nie bereik kan word nie. Die vereniging se voorsitter, Shameel Joosub, sê hulle word gedwing om meer batterye te koop. Die batterye laai egter nie ten volle tydens die lang ure en gereelde beurtkrag nie: