Beurtkrag kniehalter banktransaksies in SA

Daar was in September ‘n afname in die aantal banktransaksies weens beurtkrag. Die BankservAfrica Economic Transactions-indeks het met 131,1 indekspunte gedaal, van sy vorige posisie van 143,2-punte af. Die ekonoom Elize Kruger sê die indeks het oor die afgelope vier maande tekens van ‘n afname getoon. Kruger sê dit dui op ‘n mate van stremming in die breër ekonomie wat veroorsaak word deur die onlangse kragonderbrekings: