Beurtkrag in buurland tot tien-uur vanaand

In die buurland het Eskom aangekondig dat beurtkrag tans tot fase vier verhoog word. Dit sal tot tien-uur vanaand duur waarna dit terugkeer na fase twee. Dit word veroorsaak deur die groter aanvraag na elektrisiteit in die winter en die feit dat nog drie eenhede by die Medupi- en Duvha-kragstasies onklaar geraak het. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Matshantsha, sê die kragvoorsiener vra weer verskoning vir die ongerief en onsekerheid wat deur die kragonderbrekings veroorsaak word