Beurtkrag hou die publiek gyselaar

Die Nasionale Werknemersorganisasie van Suid-Afrika sê Eskom se volgehoue onderbrekende en onbestendige kragvoorsiening hou Suid-Afrikaanse werknemers en die publiek gyselaar. Die organisasie se uitvoerende hoof, Gerhard Papenfus, sê die bedanking van Eskom se hoof- uitvoerende beampte, André de Ruyter, is nie die antwoord op jare se korrupsie en verwronge hervormings-beleide nie. Dié idee is onrealisties. Hy voeg by die langtermyn gevolge van Eskom se probleme op die samelewing gaan rampspoedig wees.