Beurtkrag: Hospitale se opwekkers skop nie onmiddelik in nie

Die gesondheidsorg-sektor in die buurland begin die gevolge van die voortslepende beurtkrag voel. Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging let daarop dat sommige hospitale sukkel met kragopwekkers wat nie betyds inskop nie. Woordvoerder Mvuyisi Mzukwa sê gesondheidsorg-instellings het in sommige gevalle te doen met toerusting wat onklaar raak. Hy sê hulle vrees dit kan tot die dood van pasiënte lei: