Beurtkrag: Heel dag fase 2, vanaand fase 4

Eskom het vanaf vyf-uur vanoggend tot vier-uur vanmiddag fase twee-beurtkrag ingestel, en dit dan tot elfuur vanaand na fase vier verhoog. Dit is as gevolg van ‘n tekort aan opwekkingskapasiteit, tesame met die groter aanvraag as gevolg van die kouer weer. Die kragvoorsiener voorsien ook dat fase twee beurtkrag môre ingestel sal word. Eskom-woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê die beurtkrag sal help met die herstel van noodopwekkingsreserwes, wat op groot skaal aangewend is om in die verhoogde vraag die afgelope paar dae te voorsien: