Beurtkrag gaan nie Formule E in Kaapstad pootjie

Organiseerders van Suid-Afrika se eerste formule-E-wedren, wat einde volgende maand in die Moederstad plaasvind, sê beurtkrag sal nie die geleentheid pootjie nie en sê daar is genoeg voorbereidings getref om ‘n suksesvolle resies aan te bied. Kaapstad is sowat twee jaar gelede die groen lig gegee om een been van die 2023 E-Prix-renkalender aan te bied. Elf spanne van regoor die wêreld sal op 25 Feruarie mekaar aanvat vir die eerste plek. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in die Moederstad, Fritz Platt…