Bedreigde voëls pas goed aan by N/a’an ku sê
Die bedreigde voëls en ’n aasvoël-kuiken van die Rare and Endangered Species Trust, oftewel REST, pas goed aan by N/a’an ku sê oos van Windhoek. ‘n Span van N/a’an ku sê het vroeg in Januarie gevlieg om die aasvoëls, arende en uile in die omgewing van Outjo te gaan haal. Dit volg nadat die N/a’an ku sê-stigting die Windhoekse hoërhof genader het om ‘n dringende hofbevel te kry om die Namibiese omgewingsministerie te stop om die voëls by REST te verwyder en te hervestig. Marlice van Vuuren van N/a’an ku sê het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…