Betoging in die Kaap vir Oekraïne

Die Oekraïnse vereniging van Suid-Afrika het Oekraïners, Suid-Afrikaners en vriende genooi om vandag 12-uur by die kantoor van die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking in Kaapstad by hulle betoging aan te sluit. ‘n Woordvoerder sê betogers moet plakkate en simbole saambring wat hulle land verteenwoordig. Dit is ‘n vreedsame betoging en deelnemers moet die reëls vir vreedsame betogings in openbare plekke volg.