Nuwe hoof vir SA-staatsveiligheid aangestel

President Cyril Ramaphosa het Thembisile Majola vir ‘n periode van drie jaar aangestel as die nuwe direkteur-generaal van die Staatsveiligheidsagentskap. Majola is ‘n voormalige adjunkminister van Energie en Suid-Afrika se ambassadeur in Senegal, Mauritanië, Kaap Verde, Gambië en Guinee Bissau. Ramaphosa sê Majola se aanstelling is ‘n belangrike stap in die regering se werk om die land se intelligensiedienste te stabiliseer. Hy sê haar uitgebreide ervaring in regering, internasionale betrekkinge en sekerheid maak haar ‘n goeie keuse om die agentskap se hervorming en heropbou te lei.