Betogers gooi petrolbomme by Kaapstad

In die buurland brand dit weer. Strukture in ‘n informele nedersetting langs Klipfontein-weg in Nyanga, Kaapstad, het aan die brand geslaan toe ‘n voertuig wat deur betogers aan die brand gesteek is, naby die nedersetting tot stilstand gekom het. Die brandweer het gereageer en die voertuie en huise is geblus. Die burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, JP Smith, sê twee voertuie van die stad en vyf privaat voertuie het onder petrolbomme deurgeloop. Smith sê die teenwoordigheid van wetstoepassers sal verder verskerp word.