Beter rade maak beter SOE’s – Shiimi

Die ministerie van finansies en openbare ondernemings is van voorneme om ‘n nuwe plan te implementeer wat daarop gemik is om die doeltreffendheid van staatsbeheerde ondernemings te verbeter, met ‘n spesifieke fokus op direksies se prestasie. Minister Iipumbu Shiimi sê dit sal die werwing van ervare individue insluit om as raadslede van die ondernemings se dien en hul prestasie te meet. Hy het erken dat die regering, as aandeelhouer, onaktief was in die bestuur van openbare ondernemings. Hy sê die regering sal moet verbeter in terme van direksiewerwing om te verseker dat daar ervare mense op direksies is wat regtig verseker dat die direksie nie baklei nie, maar leierskap en toesig bied.