Beter beskerming vir fluitjieblasers bepleit

Burgerregte-organisasies in die buurland het saamgewerk om ‘n versoekskrif op Change.org te begin vir die aanvaarding van ‘n wetsontwerp vir fluitjieblasers. Die Active Citizens Movement tesame met die Suider-Afrikaanse Instituut vir Deelnemende en Verantwoordelike Regering bepleit die aanvaarding van die Konsepwetsontwerp op die Beskerming en Ondersteuning van Fluitjieblasers. ʼn Lid van beweging, Adila Chowan, sê fluitjieblasers het geen beskerming nie en die veldtog wil handtekeninge werf om aan te dring vir die onmiddellike inwerkingstelling van die wetsontwerp.