Betaal grondbelasting-aanslae by NamRA

Die Namibiese landbouministerie het aangedui dat alle aanslae en korreksies van foutiewe aanslae van grondbelasting per pos uitgestuur is aan grondeienaars. Indien grondeienaars dus nog nie alle aanslae vanaf 2016/2017 tot en met 2020/2021 ontvang het nie, of indien enige aanslae foutief is, kan die kantoor van die ministerie in Windhoek gekontak word om aansoek te doen vir die betrokke aanslae. Die onus berus op die grondeienaar om die aanslae te bekom, sê die Namibiese Landbou-unie. Grondbelasting kan slegs aan die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, betaal word. Aanslae vanaf 2016/2017 tot en met 2020/2021 is betaalbaar teen 31 Oktober 2022.