Bestuurders moet korrupte beamptes rapporteer – Ndeitunga

Die hoof van die Namibiese polisie luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga het lede van die publiek gemaan om nie betrokke te raak by korrupsie op die land se paaie tydens die feesseisoen nie. Hy het bestuurders daaraan herinner dat daar geen boete is wat op die pad betaalbaar is nie, en dat korrupte praktyke gerapporteer moet word.