Bestuur versigtig, die Swakop loop verby…

Dit gons aan die kus met die Swakoprivier wat die see bereik het, die eerste keer sedert 2011. Talle inwoners is tans in die gebied om die toneel te aanskou. Daar word feesgevier en mense drink selfs vonkelwyn. Aubrey Oosthuizen van die Weskus Veiligheidsinisiatief vra dat bestuurders in die gebied uiters versigtig wees.