Bester-saak: SA afvaardiging in Tanzanië

Die Suid-Afrikaanse polisiekommissaris, Fannie Masemola, het bevestig ‘n Suid-Afrikaanse afvaardiging is tans in Tanzanië om die repatriasie te verseker van die misdadiger Thabo Bester en sy meisie, Nandipha Magudumana. Die afvaardiging bestaan uit ‘n geïntegreerde span van verskeie departemente, waaronder die polisie, binnelandse sake en korrektiewe dienste. Bester, Magudumana en ‘n Mosambiekse burger is Vrydagaand naby die grens met Kenia aangekeer. Masemola sê verskeie prosedures moet gevolg word om te verseker die paartjie word uitgelewer.