Macron te toegeeflik jeens China

Die Franse President Emmanuel Macron en sy vrou Brigitte is by die paleis in Amsterdam verwelkom deur koning Willem Alexander en koningin Maxima van Nederland vir die eerste Franse staatsbesoek in 23 jaar. Die seremonie is ook bygewoon deur die Nederlandse eerste minister Mark Rutte en ander lede van die parlement. Die besoek vind plaas kort ná Macron ‘n beroering veroorsaak het met ‘n opmerking dat Europa geen belang daarby het om die onrus in Taiwan aan te wakker nie. Hy sê Europa moet ‘n sogenaamde “derde pool” wees, onafhanklik van sowel die VSA as China. Politieke ontleders in Europa en die VSA het in reaksie gesê Macron is te toegeeflik teenoor China.