Bestemming Namibië in Dubai van stapel gestuur

Die Namibiese omgewingsminister, Pohamba Shifeta, het die Namibiese Reis- en Toerismeweek van die Dubai Ekspo bekendgestel. Namibië neem deel aan die Dubai Ekspo wat vanaf 1 Oktober 2021 tot 31 Maart 2022 plaasvind onder die tema “Connecting Minds, Creating the Future”. Shifeta sê Namibië se uitstalling by die Namibiese Pawiljoen het ten doel om beleggings en toeriste na Namibië te lok. Hy sê Bestemming Namibië is gereed om internasionale toeriste te verwelkom.