Bestaansvissermanne bygestaan om oseaan te bewaar

Bestaansvissermanne in beide Namibië en Suid-Afrika maak staat op marienebronne om kos op die tafel te sit. In die Wes-Kaap, is die volhoubare vissery organisasie sonder winsbejag, Abalobi, besig om die vissermanne te help om die oseane te bewaar. ‘n Woordvoerder, Stuart du Plessis, sê wat as ‘n universiteitnavorsingsprojek in 2015 begin het, is nou ‘n onderneming met UNESCO-status wat omgewingsverandering in kleinskaalse vissersgemeenskappe teweeg bring.