Bestaande middels kan behandeling van kanker hervorm

Navorsers in Kanada, Skotland en Finland het ‘n ontdekking gemaak wat hulle glo verreikende veranderinge in kankerbehandeling kan meebring. Die kenners het bevind bestaande middels wat gebruik word vir die behandeling van hartsiektes en depressie kan sleutelveranderinge in kankerselle wat verband hou met hul vermoë om te versprei, omkeer. Hierdie proses staan bekend as metastase. Die toestand is berug vir hoe moeilik dit is om te behandel. Die wetenskaplikes vermoed die bestaande middels kan doeltreffend wees in die vermindering van metastase in kankerpasiënte.