Besoekers stroom na kus oor vakansie

Daar was ‘n 5,49 persent toename in besettingsyfers gedurende die feesseisoen by Namibia Wildlife Resorts se fasiliteite. Volgens woordvoerder Nelson Ashipala is meer besoekers meestal by kampeerplekke langs die kus gesien. By Olifantsrus was daar 14,1 persent meer besoekers, gevolg deur Terrace Bay met ‘n 10,55 persent toename. Torrabaai en Jakkalsputz het onderskeidelik 9,8 persent en 8,54 persent meer besoekers gehad. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gitta Paetzold, die hoof uitvoerende beampte van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, wat sê dit strook met hulle ervaring.