Besoedeling het moontlik 9-jarige se dood veroorsaak

‘n Lykskouer sê die Verenigde Koninkryk se regering moet wettige teikens teen lugbesoedeling vasstel om sterftes in die toekoms te voorkom. Philip Barlow het ‘n verslag ingedien by die geregtelike ondersoek na die dood van Ella Kissi-Debrah in Februarie 2013. Die 9-jarige meisie het naby South Circular Road in Lewisham, een van Londen se besigste paaie, gewoon. Sy is in die drie jaar voor haar dood byna 30 keer in die hospitaal opgeneem na asma-aanvalle en stuipe. Volgens Barlow word die nadelige gevolge van lugbesoedeling op gesondheid nie voldoende deur die regering oorgedra nie.