Beslagleggings: Reaksie op aanpassings aan wet

Reaksie word ontvang op die aanpassings aan die Landdroshof Wet wat reeds op 21 Desember in die staatskoerant gepubliseer is. Die belangrikste wysiging is dat eiendom wat verkoop word om skuld te delg, teen markwaarde verkoop moet word. Die wet maak ook voorsiening vir laerhowe om kwessies tot en met die waarde van 1 miljoen Namibiese dollar te hanteer, op van ‘n maksimum van 25 000 dollar. Die aanpassing is volgens kenners om druk op die hoërhof te verminder en natuurlik, regskostes te bespaar. Maar, daar is kommer oor die bevoegdheid van landdroste sowel as die uiters hoë druk wat in die laerhowe ook voorkom. Verder is daar in elke eiendomslening die bepaling dat die instansie die lener na enige bevoegde hof kan neem, insluitend die hoërhof, en daardie bepaling moet deur die lener onderteken word.