IKR moet sê oor Nuweland se kolfblad

Krieket Suid-Afrika wag vir die Internasionale Krieketraad se verslag oor die oppervlak van die kolfblad op Nuweland waar ‘n toets in slegs 107 boulbeurte afgehandel is. Die tweede toets tussen Suid-Afrika en Indië was die kortste wedstryd in die geskiedenis van die spel met slegs 642 balle wat geboul is – 14 minder as die vorige rekord van 656 balle in die toets tussen Suid-Afrika en Australië in Melbourne tydens die toer van 1931/32. Nuweland was ook in 1993 in die nuus met die eendag-debakel tydens ‘n Internasionale Reeks weens sy kolfblad wat die bal uitermatig laat bons en draai het. Dit het daartoe gelei dat die Wes-Indiese Eilande Pakistan in slegs 19 boulbeurte vir 43 uitgehaal het.