Besighede senuagtig vir DBN se Covid-fasiliteit

Die Ontwikkelingsbank van Namibië het onlangs ‘n fasiliteit van 450 miljoen Namibiese dollar vir Covid-verligting bekend gemaak. Volgens berigte is besighede traag om van die fasiliteit gebruik te maak al is dit so daargestel om besighede by te staan in tye van verminderde inkomste. Volgens die bank se hoof uitvoerende beampte Martin Inkumbi was daar verwarring oor die fasiliteit. Hy verduidelik…

Hy voeg by dat besighede huiwerig is om lenings te neem veral omdat vooruitsigte in verband met die pandemie en die gepaardgaande maatreëls baie onseker is.