Beroep op Suid-Afrikaners om in te ent

Die Suid-Afrikaanse gesondheidsminister Joe Phaahla moedig Suid-Afrikaners aan om teen Covid-19 ingeënt te word voordat die verwagte vierde vlaag toeslaan. In ‘n onderhoud sê hy die huidige lae getalle en min inentings is kommerwekkend. Phaahla is optimisties dat die vierde vlaag minder vernietigend sal wees:

Phaahla sê elkeen moet sy deel doen om die virus in bedwang te hou en so streng inperkings verhoed.