Tweeling se ouers word aangekla

Die tweeling wat Vrydagaand in Windhoek se strate sonder heenkome gevind is, is na die hospitaal geneem vir monitering en evaluering. Volgens Fabian Amukwelele van die Windhoek Stadspolisie staar die ouers van die tweeling ‘n moontlikheid in die gesig om nie hulle kinders terug te kry nie en kan ‘n saak van nalatigheid teen hulle geopen word.