Beroep op Eskom gedoen om interns te gebruik

Die Suid-Afrikaanse minister van hoër onderwys en opleiding, Blade Nzimande, doen ‘n beroep op Eskom om interns aan te stel as deel van die regering se plan om die energiekrisis te beëidig. Die minister het in Kaapstad gepraat op Kolleges vir Gevorderde Tegniese Onderwys se eerste spitsberaad oor Strategiese Nywerheids-vennootskappe. Nzimande sê die uitbreiding van werkplek-leergeleenthede vir studente bly ‘n uitdaging in die sektor.