Beroep aan Angolese om grens met Nam oop te maak

Namibiese owerhede het ‘n beroep op hulle Angolese eweknieë gedoen om die grens weer oop te maak. Angola se grense is steeds gesluit as gevolg van die Covid-pandemie. Volgens die uitvoerende direkteur in die ministerie van verdediging, Wilhelmine Shivute, is die geslote grens die dryfveer vir onwettige invoere en uitvoere. Misdadigers kry ook maklik toegang tot beide lande. Die mees kommerwekkende kwessie is Angolese leerders wat in Namibië skoolgaan en op die oomblik geensins klas kan bywoon nie, sowel as Angolese burgers teen die grens wat mediese hulp nodig het. Angolese burgers het gratis toegang tot openbare Namibiese gesondheidsfasiliteite.