Bernadus Swartbooi waarsku eks-baas van Fishcor om versigtig te wees

Die Landless Peoples’ Movement-leier Bernadus Swartbooi het die voormalige uitvoerende hoof van Fishcor, Mike Nghipunya, gewaarsku om versigtig te wees na sy opspraakwekkende getuienis die afgelope twee dae in die Windhoekse hoërhof. Die mede-beskuldigde in die Fishrotsaak beweer staatsgeld van miljoene Namibiese dollar is vir Swapo-verkiesingsveldtogte gebruik. Swartbooi het tydens ‘n onderhoud met Namibian Sun gesê Nghipunya het bevestig wat almal geweet het, maar waaroor niemand wou praat nie.