Bergfietswedren ter ondersteuning van perde

Fietsry: Ses fietsryers gaan deelneem aan ‘n bergfietswedren ter ondersteuning van die Kaap die Goeie Hoop Vereniging vir die Voorkoming van Dieremishandeling se perde-versorgings-eenheid. Die span van ses is in twee groepe van drie verdeel, naamlik Span DBV Bucking Broncos en Span DBV Jolly Jockeys. Hulle gaan op 20 Augustus die 230 kilometer vanaf Willowmore tot Jeffreysbaai per fiets aflê in die Trans-Baviaanse wedren, wat bekend staan as die taaiste enkelskof-wedren ter wêreld. Een van die fietsryers, Karlien Scholtz, het ‘n beroep gedoen op ander diereliefhebbers om die span te help om hulle fonds-insamelingsteiken te bereik.