Isap: Bergfietsryers ding in Junie teen wedvlugduiwe mee

Vir die eerste keer in Namibië sal 12 bergfietsryers op 16 Junie ten bate van Intelligence Support Against Poaching, bekend as Isap, teen 40 wedvlugduiwe meeding. Altesaam 40 wedvlugduiwe het vanoggend vanaf die Isap-fasiliteit by Ovita noordwes van Okahandja na Rehoboth vertrek. Dit is ‘n vlug van 199 kilometer en hulle is teen 1 200 meter per minuut nagespoor. Die bergfietsryers sal 45 kilometer ry. Die geleentheid sal ‘n prettige fondsinsamelings-geleentheid vir Isap wees teen bate van teenstropery.