Bepalings van Grondwet sal gay-aanslag afweer

Die Namibia Equal Rights Movement het vanoggend die media in die hoofstad toegespreek oor die groeiende bedreiging vir grondwetlike demokrasie en aanhitsing van geweld teenoor die LGBTQ-gemeenskap. Die stigter van die beweging, Omar van Reenen sê daar is ‘n vreesaanjaende toename in haatspraak en aanhitsing van geweld maar sê al is daar magsmisbruik, sal enige aanval op die beslissing van die hooggeregshof die slaag nie as gevolg van die bewoording van die gelykheidsartikel in die Grondwet.