Benutting van mopane opgeskort in Kunene

Die omgewingsministerie het alle oes en benutting van mopanebome in die Kunene-streek opgeskort. Die direkteur van bosbou, Johnson Ndokosho, het in ‘n brief aan die relevante owerhede die opdrag uiteengesit. Hy sê daar is kommer oor onvolhoubare verbruik, hetsy vir houtskool produksie of eie gebruik. Alle permitte is met onmiddellike effek opgeskort. Ndokosho sê alle boere en lede van die publiek, ook die wat die wortels van die bome benut vir tradisionele gebruik, moet onmiddellik ingelig word. Die mopane is ‘n beskermde spesie in die land. Ndokosho het nie enige besonderhede oor enige moontlike oorbenutting verskaf nie.