Drie hardlopers by RMB Ultra-trail in die Kaap beroof

Drie RMB Ultra-trail Kaapstad-hardlopers wat tydens die wedloop in Kaapstad beroof is, het glo voortgegaan met die byeenkoms. Die hardlopers is naby Ocean View beroof terwyl hulle aan die 100 myl-roete deelgeneem het. Die wedloopdirekteur, Stuart MConnachie, sê die drie hardlopers is fisies ongedeerd en het gekies om voort te gaan met die wedloop. Die saak is aan die polisie oorhandig. Verlede Vrydag is die Britse elite-landloper Tom Evans, 31, beroof, en met ‘n mes aangehou en naby die King’s Blockhouse op Tafelberg geslaan terwyl hy vir die byeenkoms geoefen het. Hy het hom aan die wedloop onttrek. Meer as 400 internasionale hardlopers neem deel uit die totaal van 2 000. Die driedaagse byeenkoms eindig vandag.