Bendes ry aan die pen weens goeie inligting aan polisie
Die buurland se minister van polisie, Bheki Cele, sê inligting van misdaadintelligensie bly sentraal in die uitskakeling van gewapende en genadelose bendes in die land. Die polisie het die afgelope week ʼn aantal suksesse behaal, insluitende die aankeer van vermeende transitorowers in Hoedspruit, Limpopo toe vier verdagtes doodgeskiet en drie in hegtenis geneem is. Volgens Cele het die Hoedspruit Plaaswag ‘n baie goeie verhouding met die plaaslike polisie en ‘n groot getal spesialis polisie-eenhede, en hulle vorm ʼn baie goeie vennootskap.