Ben Youngs speel laaste wedstryd vir Engeland

Rugby: Vanaand se Wêreldbeker-uitspeelstryd om derde plek tussen Engeland en Argentinië sal die Engelse skrumskakel Ben Youngs se 127ste en laaste toets vir sy land wees. Hy speel in sy vierde Wêreldbekertoernooi sedert hy sy buiging in 2010 gemaak het. Youngs het 100 punte aangeteken en in 2013 ook twee wedstryde vir die Britse en Ierse Leeus gespeel. Steve Borthwick het die 34-jarige in sy beginspan ingesluit nadat Alex Mitchell die nommer nege-trui gedra het in die meeste van Engeland se Wêreldbeker-wedstryde, met Danny Care op die bank. Youngs beplan om steeds klubrugby te speel.