Beloning vir inligting oor inbraak by Zondo-kommisie

Die polisie in Gauteng sê hulle bied ‘n onbekende bedrag kontant aan as beloning vir inligting wat sal lei tot die inhegtenisneming en suksesvolle vervolging van diegene wat onlangs by die staatskapingskommissie se kantoor ingebreek het. Die rooftog het vroeër die maand in Johannesburg plaasgevind en die rowers het weggekom met ‘n aantal skootrekenaars en inligting wat met die kommissie se werksaamhede verband hou. ‘n Woordvoerder van die provinsiale polisie, Mathapelo Peters, sê hulle het twee duidelike foto’s van die rowers op kringtelevisie gekry: