Belgiese hawens gaan help met uitvoer van groen waterstof

Die groen waterstofprojek van Namibië het gelei daartoe dat die Namibiese Hawens-owerheid, Namport, ‘n samewerkingsooreenkoms met die Belgiese hawe van Antwerp Brugge en die Antwerp Flanders se hawe-opleidingsentrum onderteken het. Volgens ‘n mediaverklaring van Namport, is aangedui dat beide partye sal saamwerk aan verskeie strategiese kwessies soos die potensiaal en uitvoer van groen waterstof-produksie uit Namibië. Die ooreenkoms is in Glasgow tussen die Namibiese ministerie van myne en energie en die federale ministerie van energie van die Koninkryk van België onderteken. Elias Mwenyo, die uitvoerende hoof van kommersiële dienste by Namport gesels met Kosmos 94.1 Nuus.