Belgiese gemeenskap wen Europese boerpot

Die lewens van 165 inwoners van ʼn klein dorpie in België het vir altyd verander nadat hulle ʼn reuse-boerpot van 2,6 miljard Namibiese dollar in die EuroMillions-lotery gewen het. Elke inwoner in Olmen wat deelgeneem het, wen bykans 16 miljoen dollar. Die winkelier Wim van Broekhoven het hulle oorreed om elkeen 350 dollar in die groeppot te belê en dit was toe die wenner. Een van die wenners het besluit om ʼn lewenslange droom te vervul om Amerika te besoek, terwyl ʼn ander een dit tussen drie kinders en verskeie kleinkinders gaan verdeel.