Tweede fotograaf sterf by sokkertoernooi in Katar

‘n Tweede fotograaf Chalid al-Misslam is skielik dood terwyl hy die Wêreldbekertoernooi in sy vaderland gedek. Hy is die tweede joernalis wat binne 48 uur by die sportskouspel gesterf het nadat die Amerikaanse sokkerskrywer, die 48-jarige Grant Wahl Vrydag tydens Argentinië se oorwinning in die kwarteindronde teen Nederland inmekaar gesak het. Al-Misslam het vir die plaaslike nuuskanaal Al Kass-televisie gewerk. Die omstandighede rondom sy dood is nie bekend nie.