Beleid vir kommunikasie tegnologie word opgedateer

Die inligting en kommunikasietegnologie-ministerie het in samewerking met die Internasionale Telekommunikasie Unie ‘n vergadering van belanghebbendes in Windhoek belê om die nasionale inligting en kommunikasietegnologie-beleid te assesseer en te stroomlyn. Die ministerie se direkteur vir kommunikasie tegnologie, Linda Aipinge-Nakale, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus die belangrikheid van die opdatering van die beleid.