Afrika-lande ervaar druk oor olie, gas by COP28

Die COP28-beraad in Dubai stoei nog oor die finale verklaring. Die beraad moes reeds Dinsdag klaargemaak het. Afrika-lande word volgens berigte aangemoedig om Westers-gedrewe anti-fossielbrandstofbeleide heeltemal te verwerp. Reeds het ‘n voorlopige konsepooreenkoms, wat deur 200 lande goedgekeur moet word, voorstelle vir die uitfasering van fossielbrandstowwe geskrap. Aan die voorpunt van hierdie druk op Afrika is olieproduserende lande, wat aanvoer dat die totale uitfasering hul ekonomiese groei negatief sal beïnvloed.