Beleid moet aangepas word vir plaaslike voordeel uit oliebronne
Verskeie kritieke hervormings in beleid en wetgewing is nodig in die olie- en gasbedryf om plaaslike deelname aan die sektor moontlik te maak en maksimum opbrengste uit die land se hulpbronne te haal. Dit is die mening van die plaaslike energiekenner Uaapi Utjavari. Hy meen dat die plaaslike beleid moet Namibiërs akkommodeer om aan die olie- en gasbedryf deel te neem, sodat ons eendag soos die Nigeriërs kan wees en ‘n volle maatskappy kan hê wat deur Namibiërs besit word, wat die bronne besigheid bestuur. Op die oomblik is plaaslike deelname aan die bedryf uitgelewer aan operateurs wat geen wetlike verpligting het om inwoners by hul bedrywighede in te sluit nie.