Belarus bevestig berging van Russiese taktiese wapens

Die ministerie van verdediging in Belarus het sy samewerking met Rusland oor die berging van sy taktiese kernwapens amptelik bevestig. Die ministerie sê in ‘n verklaring hy het die besluit geneem om Belarus teen Westerse lande te beskerm. Die verklaring sê dit is weens jare lange druk deur Amerika en sy bondgenote, asook lidlande van die Europese Unie op Belarus om sy politieke en geopolitieke rigting te verander. Die Russiese President, Vladimir Putin vergelyk dit met Amerika wat ook wapens in Europese lande het. Putin het ‘n paar maande gelede reeds aangedui dat militêre vliegtuie van Belarus met kern-missiele toegerus word.