Belangstelling in Namibiese pluimveebedryf

Die Pluimveeprodusente-vereniging is positief oor die pluimveebedryf in Namibië. Hulle onlangse tweede pluimvee-toer in samewerking met AgriBank is deur sowat 350 mense in die streke van Karas, Hardap en Khoma bygewoon en die jeug was goed verteenwoordig. Daar is ‘n groot gaping in kommersiële en opkomende pluimvee-boere. Die visepresident van die vereniging, Erastus Kadhikwa, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is goed dat daar belangstelling in die bedryf is.