Belangrikheid van toerisme kan nie oorbeklemtoon word nie

Die Namibiese Toerismesatellietrekening vir 2022, wat die direkte ekonomiese bydrae van toerisme tot die ekonomie meet, is bekend gestel. Die toerisme-minister, Pohamba Shifeta, het by die geleentheid gepraat en die belangrikheid van toerisme vir die land onderstreep. Hy sê die toerismesektor is ‘n drywer van ekonomiese groei en dra sowat 14 miljard Namibiese dollar tot die land se Bruto Binnelandse Produk by.