Belangrike wetgewing weer vertraag

Die Namibiese parlement is gesluit weens positiewe Covid-gevalle wat gelei het tot die uitstel van baie belangrike debatte. Die parlement se hooftaak is om konsepwetgewing te ondersoek en dit as wette goed te keur en is reeds agter in sy werk. Graham Hopwood, ‘n direkteur van die Openbare Instituut vir Beleidsnavorsing, gee sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus.