Belangrik om grond te klassifiseer 

Die Namibiese Statistieke-agentskap hou vandag saam met die landbou- en omgewingsministeries ‘n werkswinkel in die hoofstad om ‘n gestandaardiseerde klassifikasie vir grondbedekking in die land te ontwikkel. Daar reeds ‘n geruime tyd kommer uitgespreek oor toenemende hitte, wispelturige reënval en verwoestyning wat die volhoubare benutting van grond belemmer. Ontbossing en elemente soos biomassa en boskos is van die ingrypings wat reeds geïmplementeer is maar, ‘n eenvormige klassifikasie-stelsel ontbreek. Akkurate grondbedekkingdata sal regeringsinstellings bemagtig om beter besluite te neem gebaseer op die konsep van bewysgebaseerde beplanning en beter bewaring en ontginning van natuurlike bronne bevorder.